Akkedissie vir sissies nie

Welkom by my eerste “blog” storie! Hier volg ’n inleiding tot my (soms) wilde ervaringe in my nuwe tuiste … KwaZulu-Natal.

So lê ek nog en droom, een koorsige oggend, van gesonder dae toe ek met ’n koue rilling bewus raak van ’n geskarrel in die onmiddelikke omgewing, naamlik my kopkussing. Ek lê nog want blykbaar gee die siekte ’n mens nare nagmerries en ek eien dit toe aan my verbeelding …

Daar hoor ek dit weer – dié keer regs langs my linkeroor – en ’n sekonde later raak ’n ding aan my slaap… Ek is dadelik op (en wakker). Een pure perd smyt ek die kussings wat gedeeltelik op my gesig en lendelam lede lê van my af om die tekens van ’n donker ding onder die sesde kopkussing te gewaar.

Ek skraap alle koorsige-moed bymekaar om die reuse (vermoedelik ’n spinnekop) te vang, maar soos ek die kussings een vir een oplig bleik dit na niks. Daars g’n teken van spinnekop of likkewaan of Mosambiekse spoegkobra nie. Moet my verbeelding wees … of die siekte …

Diepdenkend gaan lê ek maar weer en haal nóg dieper nóg stadiger asem.

Maar so waar as die Here hoor ek weer ’n geluid deur die kussing onder my. Diè keer klink dit of die gedrog onder die bed is. Eks nie seker nie. My hele lyf is nou koud (wat nogals ’n verligting is want ek kry vreeslik warm). Ek sê vir myself: “Dalk is dit die voetstappe van Herman wat van patrollie af kom?” Maar die deur bly toe. Toe! Daar hoor ek dit weer! My asemhaling slaan oor in ren-modus. Ek maak álle moed bymekaar en staan op van die bed. Maar daars nie ’n manier wat ek onder my bed gaan kyk nie – wat as die ding my in die tronie pik?!

Toe sien ek die stertpunt. Gelukkig – want ek sien steeds nie kans om op my knieë te gaan om die monster te gaan soek nie. Daar in die regterhoek onder die bedkassie steek ’n donker kronkeltjie uit. Té klein vir slang? Miskien. Te skubberig vir spinnekop? Defnitief …

Met nadere (maar steeds in veilige afstand) ondersoek sien ek dit is die akkedis wat noudie dag sy stert op my mat gelig het! Verligting.

Ek raas met hom; “Jou skermunkel!” en doop hom Lyonell. Die naam het na my toe gekom, asof van bo.

Toe maak ek maar my bed op, want ek’s nie lus vir Lyonell tussen my blaaie nie. Maar ek lê weer … want di’s wat ’n mens doen as jy bosluiskoors het.

Advertisements

2 thoughts on “Akkedissie vir sissies nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s